Kom, burgers, trek die perde reg:
nou vrou en kind goeien-dag geseg!
Jongkêrels, los die nôi se hand;
en seuns, verlaat jul moeders, want
daar gaan 'n strydroep deur die land!
Gryp nou die teuels 
bymekaar--
die vierkleur is weer in gevaar! 
Die regterhand gryp die visier,
die bors oorkruis 'n bandelier;
die 
spore in die sonskyn blink,
stiebeuels teen mekaar weerklink,
die 
ketel aan die saal rinkink.
Kom, burgers, hou nou bymekaar--
die 
vierkleur is weer in gevaar! 
Laat aan die trippelaar sy pas,
maar hou die vuurge hingste vas.
Die 
agterstes moet ingalop
tot binne-in die ruiter-trop--
die ponie en die 
bossie-kop.
Kom, burgers, ry so bymekaar--
die vierkleur is weer in 
gevaar! 
Trek burgers, almal nou geteld,
al voort maar deur die wye veld,
en 
of jul al omlaag verdwyn
of op die heuwels weer verskyn--
wys 
altyd weer die slingerlyn.
Kom burgers, trek so bymekaar--
die 
vierkleur is weer in gevaar! 
Jaag, burgers, jaag oor rant en rots
wanneer jul teen die vyand bots.
Ruk in, spring af en pos gevat
aan die onwrikbre ryperd-blad.
Mik
fyn, kyk waar die stoffie spat!
Staan, burgers, staan dan bymekaar--
die vierkleur is weer in gevaar! 
En moet jul val, val dan met eer,
met die oog die vyand toegekeer;
val op die grense, man en perd,
die oue vierkleur is dit werd,
en die 
eerkroon wink al uit die vert.
Val burgers, val dan bymekaar--
die 
vierkleur is weer in gevaar! 
XV 
So sing die jonges vol van vreugde,
maar ag, oom Gert se hart is seer
as hy straks diep en dieper peinsend
gaan langs die slagveld van 
weleer. 
Dáár lê Majuba, donker kleurig,
sy sye een en al terras;
dis of die 
berg van alle eeue
vir wonderdaad geskape was. 
Daar lê Laingsnek; dis of Gods hande
dit vir 'n skanswerk uit wou 
bou.
En daar's Ingogo's kronkelbedding--
net om die vyand op te 
hou. 
Daar's nog die wonderlike hoeke,
net om die vyand vas te keer;
maar ag, oom Gert voel nou so anders,
sy hart is onverklaarbaar seer. 
Hy sien nou oral groot kanonne,
hy weet nie of die ding sal gaan.
Die treine voer nou alle soorte
van wapens uit die hoofstad aan. 
Daar is hom ook so baie mense,
en baie goed word aangevoer;
voorheen was daar so min maar nodig:
'n ryperd, biltong en 'n roer. 
Dis nodig, ja, die tyd die vorder,
en daarom swyg hy maar en kyk.
Maar heel die Amajuba-wêreld,
alles wil hom so anders lyk. 
Tog leef hy weer, die troue krygsman,
al trek hy nou maar same net:
'n oorlogsperd die stamp en runnik
wanneer hy hoor die 
krygstrompet!
XVI 
Verlore!...
Die dag van stryd het mooi begin,
die burgers trek 
verwinnend in,
en boerename 't binnekort
oral 'n glorie-klank 
geword!--
'n Pragtige môreglore!
Maar onder in oom Gert se hart
kom effens al, nog diep-verward,
'n fluisterstem na vore:
Verlore, 
verlore! 
Verlore!...
Die dag van stryd begin so goed,
Suid-Afrika lê aan hul 
voet...
Die Boer moet Afrika regeer!
Gryp gou, voordat die kans 
kan keer!
Buig uit die grense na vore!...
Maar nou kom daardie 
fluisterstem,
diep in oom Gert se bors geklem,
so duidelik na vore:
Verlore, verlore! 
Verlore!...
Rookwolke nader uit die suid
en sprei hul oor die 
aard-breedte uit;
oor Drakensberg se veil'ge top
skuif swaar 'n 
donderonweer op;
die storm sing in wilde kore!
Oom Gert se 
stemme, in hom bekneld,
kom nou daar buite op berg en veld
al 
donderend na vore:
Verlore, verlore! 
Verlore!...
Oom Gert die kon nie verder vlug,
en sit nou, met sy 
vrou, te sug
agter die ysterplate vas,
daar waar hy eertyds vryman 
was
en sy vryheid is wedergebore!
Die fluisterstem daarbinne kom
nou deur die ysterplaat weerom
as huilende windstem na vore:
Verlore, verlore! 
Verlore!...
Die dag van stryd hou lank nog aan--
dis of die son nou 
stil gaan staan.
Maar eindlik roep hul rond: "Verby!
dis vrede, 
vrede weer, wees bly--
al is die vryheid verlore!"...
Dan keer die 
wilde stem as sug
weer in oom Gert se hart terug;
en dring dan weer 
altyd na vore:
Verlore, verlore! 
XVII 
Die oorlogsfakkel is gedoof,
en die oorlogskamp word oopgesluit.
Die nuwe tye, hooggeloof,
kom met gejubel, lank en luid. 
Die burgers kom van oral an
en raak al met hul lot versoen.
Maar 
net oom Gert, gebroke man,
wat sal hy in so 'n wêreld doen? 
Want ook sy troue vrou is dood--
die lewe van 'n handjie meel
en 
van 'n brok genadebrood
was haar as boerevrou te veel. 
Willem, sy skoonseun--hy't vir hom
die boerdery eers waargeneem--
is skout, en het nie teruggekom.
Hy's seker nou totaal vervreem! 
Oom Koos weer het sy grond verhuur,
en trek die hoë Bosveld in,
die Randse lewe is hom te duur
en skaadlik vir sy huisgesin. 
Maar Dina--waar is sy en wat?
sy die altyd skone boerevrou?...
Geheel verslingerd in die stad
en will'ge prooi van vreemdes nou! 
Wanneer oom Gert van Dina hoor,
verbysterd al deur smart op smart,
dan roep 'n dubb'le stem: "Verloor!"
en dubb'le swaard gaan deur 
sy hart. 
Geen antwoord is daar op die stem
wat vlymend deur sy siel nou gaan;
maar as die leed te vinnig klem,
roep hy: "Dit het die stad gedaan!" 
[Illustrasie: "Dié vaal-wit hopies dek hul bei, / vader en dogter, sy aan 
sy!"] 
Groue Grawe 
I 
Dis heuwels, heuwels, heuwels net
sover 'n mens se oog kan speur:
maar heuwels sonder struik of gras,
en droewig-vaal soos as gekleur. 
Langes die heuwels staan 'n ding
soos die houtgeraamte van 'n huis,
waarbowe rust'loos wiele    
    
		
	
	
	Continue reading on your phone by scaning this QR Code
	 	
	
	
	    Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the 
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.