al!" 
So het hy lank gepeins, gewag,
tot hy oplaas dink: "Laat maar gaan."
Hul bied hom tweemaal duisend aan,
en daarmee is die koop 
volbrag. 
Oom Gert maak nog sy saak gewis:
hy vra net goudgeld en kontant,
en dat sy eie predikant
sal tel of hulle almal is. 
V 
0. Heilige nagte van voorheen as die maanlig skaars in die huisie dring,
waar oom Gert lê waak, soos die psalmis sing, om te peins oor 
God, 
die nagte nog lank, na skeppings-maak,
deur geen kunsglans nog 
verkort;
as die mens nog tyd het om wakker te word
en te peins oor 
God. 
Die vetkers het maar kort gebrand
om te lig oor die oue Skriftuur
wat die stof bied in die vroeë uur
om te peins oor God. 
Die siel doen soos die blomkelk dan
wat die blaartjies sluit by nag,
en stil-alleen op die son staan wag--
so peins die siel oor God. 
Dit doen net soos die voël by nag,
wat die vlerk nie vliegend meer wil 
strek,
maar die koppie in die dons gaan dek--
so peins die siel oor 
God. 
Dis doen en doen en nog eens doen,
totdat uit hoër, heil'ger oord
verruis die saalge stemmingswoord--
as die siel stil peins oor God. 
Totdat 'n ligstraal na benee
val in die oog omhooggehou,
en die siel 
dan weer sy God aanskou--
terwyl dit peins oor God. 
Dan voel dit weer aan wyding ryk
en beef stil opwaarts-heen
met 
groot verlange om nog
oor God te peins. 
Maar ag, nóú is oom Gert vol sorg,
en sy bed is vuur onder hom:
'n 
ander god het daar gekom,
en die naam van die god is: Goud. 
VI 
Voorheen was in oom Gert se huis
'n sjieling net so skaars te kry
as 
in 'n bedelaar se kluis--
en tog was daar geen armoed' by. 
Oom Gert se huis kos hom geen geld:
hy't self die muurtjies opgetrek,
die gras gesny op eie veld,
en toe met eie hand gedek.
Die hout was geelhout wat gesaag
is in die Houtbosbergse kuil,
vandaar met moeite uitgedraag
en oral in die land verruil. 
Sy meubels is van eie maak,
en wie daarop gaan sit die voel:
dit is 
geen goed na vreemde smaak,
maar boer se eie bank en stoel. 
Wat op sy tafel kom is uit
sy eie tuin of uit sy kraal--
daar's brood 
en melk, daar's boerbeskuit
en vleis, dit is die sober maal. 
Hul klere kies hul so gering,
dat hoë ruil nie nodig is.
Die smouse 
het dit rondgebring:
ferweel en tabberdgoed en sis. 
Ja, geld was skaars en goud was min,
maar min ook die onrus en 
gebrek;
daar was geen ryke of arme in
die land, niks wat die onrus 
wek.-- 
Hoe het die wêreld nou gedraai!
Hoe word oom Gert se vrees gewek!
Hy sien sy goed al opgelaai
en hoe sy wa weer noordwaarts trek. 
VII 
"Kom kinders, ons moet trek,
want hier kan ons nie bly;
as ons hier 
langer bly,
sal hulle ons weer kry. 
"Ek het my grond so lief,
my vrye plaas en werf.
Vir hierdie plaas 
en werf
het ek voorheen geswerf. 
"Kom kinders, ons moet trek,
dit is die boer se plan,
en daar's geen 
ander plan.
Laat almal trek wat kan!" 
"Ag, vader, moenie trek,"
sê Dina, "laat ons bly,
want waar ons trek 
of bly,
sal hul ons tog weer kry. 
"Ons kan nie immer trek,
ons kan nie immer vlug,
saam met die 
wild wegvlug
vir mensgerug.
"Ons woon al lank so stil;
laat ons nou maar geniet,
met eerbaarheid 
geniet
van wat die wêreld bied." 
Wat sal oom Gert nou doen
om die onheil af te weer
as Dina haar 
verweer,
met sagte woord hom keer? 
"Ek voel 'n ding wat kom,
my binneste die werk
net soos die 
miertjies werk
wat verweg storm bemerk. 
"Nou ja, ons sal hier bly,
op die uithoek van die plaas,
van die ons 
ontvalle plaas
maar vér van stadsgeraas." 
VIII 
Bo-op die grond rys al 'n stad
wat op die heuwels skitter-blink;
dit 
was 'n reeks van kampe eers,
getimmer uit hout en sink;
maar nou 'n 
wêreldstad meteen,
en massas delwers trek daarheen. 
Oom Gert het so iets nooit gesien:
die suiwer lug is troebel-vuil,
en 
helder stroompies van weleer
dam nou in donker modderkuil.
Die 
grond voorheen so skoon en rooi
is nou met steenkool-as bestrooi. 
Al bo die stad, en verder, sweef
'n swart-deurrookte deins'righeid;
dit lyk net soos 'n veldvuur wat
hom uitsprei oor die velde wyd.
En 
saans dan slaan 'n rooi gegloor
soos veldbrand al die heuwels oor. 
In boeredorpe het hul eers
'n kerk gestig op wye plein,
waarom 
vergader, hier en daar,
die grasdak-huisies, laag en klein.
Maar nou 
word eers, en wondergou,
'n groot hotel daar opgebou. 
Daar is geen Son- of Maandag meer;
dit vleg en kronkel deurmekaar,
en saans, nog lank na middernag,
het die gewoel nog nie bedaar.
Die wêreld maak oom Gert nou dom
wat selde in die stad meer kom. 
En as hy in die sonlig sien
hoedat die stad lê flikker-beef,
of saans
bemerk die dof-rooi gloed
wat opwaarts na die hemel streef,
dan 
dink hy: 's Dit nie wat ek lees
van Babilon en van die Bees? 
IX 
Die nuwe wêreldstad die lê
tussen die twee families in.
Een kant is 
Willem en oom Gert,
en ander kant daar boer oom Koos
nog met sy 
talryke gesin. 
Die wêreldstad lê tussen hul,
want, ja, die    
    
		
	
	
	Continue reading on your phone by scaning this QR Code
	 	
	
	
	    Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the 
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.