A free download from www.dertz.in       
 
The Project Gutenberg EBook of Trekkerswee, by J.D (AKA Totius) 
du Toit 
This eBook is for the use of anyone anywhere at no cost and with 
almost no restrictions whatsoever. You may copy it, give it away or 
re-use it under the terms of the Project Gutenberg License included 
with this eBook or online at www.gutenberg.net 
Title: Trekkerswee 
Met tekeninge van J.H. Pierneef 
Author: J.D (AKA Totius) du Toit 
Release Date: August 18, 2005 [EBook #16543] 
Language: Afrikaans 
Character set encoding: ISO-8859-1 
0. START OF THIS PROJECT GUTENBERG EBOOK 
TREKKERSWEE *** 
Produced by Michael Ciesielski, Christine D and the Online
Distributed Proofreading Team at http://www.pgdp.net 
[Illustrasie: Voorblad] 
Totius
Trekkerswee 
Met tekeninge van
J.H. Pierneef 
Tafelberg 
INHOUD 
'n Woord van Inleiding
Silwer Strale 1 
Goue Gode 31 
Groue Grawe 59 
'n Woord van Inleiding 
Die versies verplaas ons bo-op die Rand, ongeveer waar Johannesburg 
nou lê. Daar het oom Gert, 'n trekker, met vrou en enigste dogter, gaan 
woon. Later kom oom Koos, 'n kolonis, wat in die nabyheid grond 
gekoop het. Sy seun Willem raak verlief op Dina, oom Gert se dogter. 
Nadat die twee families saam Perdekraal-fees gevier het, gaan Willem 
en Dina trou. 
Die tweede versereeks beskrywe die ontdekking van die goudvelde en 
die opkoms van Johannesburg, maar ook die verleiding waaraan 
Willem en Dina, wat by oom Gert inwoon, blootgestel is en waarvoor 
hulle beswyk. Die tweede stuk eindig dan met die groot Boer-Britse 
oorlog. 
Die derde versereeks verplaas ons in die tyd toe die Unie tot stand 
gekom het, en beskryf die treurige einde van oom Gert en Dina. 
Dis die simpele storie waarop die hele gedig gebou is. Ons kan hier nog 
byvoeg dat die S.A. Akademie, deur die vrygewigheid van genl. 
Hertzog, in staat gestel is om jaarliks 'n milde geldprys vir 
letterkundige werke uit te loof. Die prys vir 1915 is aan hierdie gedig 
toegeken. 
[Illustrasie: "Verlore-klein lê op die Rand / hul huisie in die 
trekkersland."] 
Silwer Strale 
I 
Dis heuwels, heuwels, heuwels net
sover 'n mens se oog kan speur;
grasheuwels waar ook riwwe gaan,
met enkele stroompies tussendeur. 
Daar is geen hoë berge nie,
want hoog is daar die wêreld self;
en 
luggies waai daar dun en fris,
of dit stroom uit die blou gewelf. 
Die baie dale en klowe wat
die hoogland kruis en dwars deursny,
bied winterskuiling vir die vee
wat anders al te koud sal kry. 
En as die eerste rypies val
trek bosveld toe wat kan,
om daar in 
lekker warrem son
hul winterlaers uit te span. 
Maar somers is dit heerlik op
die Rand; dan lê in sonnegewaad
die 
heuwels soos ramme te sluimer-slaap
langs strome wat lag en praat. 
Dan reën die wolke somaar as
hul swaar skuif oor die hoë land,
en 
die dak van Transvaal se geute spuit
die water weg na alle kant.-- 
Dáár in die hoë wildheid met
sy huppelende heuwelskoon
het 
jarelank 'n trekker met
sy vrou en kind alleen gewoon. 
II 
Verlore-klein lê op die Rand
hul huisie in die trekkersland;
dit is 'n 
stip net in die wei--
die rietedak en muurtjies van klei. 
Daarlanges lê die beestekraal,
waar smiddags doodse stilte daal
as 
kalfies, in die son gebraai,
die vlieë van hul kop lê waai, 
so dom-gerus; en bly-ontsteld
eers opspring as uit ruie veld
die 
koeie aandraf wat met hul
geloei die awendstond vervul. 
'n Bietjie verder van die huis,
waar mielieblare helder ruis
as 
windgeroer hul sanggeluid
hef bo die dowwe velddreun uit, 
lê laer af, 'n klein vierkant,
die rooi geploegde akkerland
waaruit 
die boer by goeie jaar
sy mielies, ál sy graan vergaar.
'n Enkele perske, aan die lug
gewénd, dra daar sy goudgeel vrug,
en 
bied, gedroog, in wintertyd,
'n skaars-verkrygbre soetigheid. 
Dit is die plasie wat daar leg,
só rustig in die wydte weg--
'n 
koninkrykie op homself
waaroor 'n helder hemel welf. 
III 
Nou ry 'n ruiter oor die rant.
Die bodeur 's oop al as hy kom;
net die 
onderdeur se werwel draai
'n vrouehand by die aanklop om. 
Sy groet as sy hom binnelaat,
en vra hom wat sy wense is:
hy moes 
maar bietjie sit as sy gaan
om pa te sê dat daar mense is. 
Sy skuif verby met mooie buig
en stap met ligte voetstap weg.
Die 
vreemdeling sien skrams nog net
haar volle wese en hare-vleg. 
'n Glimp, 'n glans, 'n gouigheid,
nes of 'n gees verskyn.
Maar nooit 
sal in sy lewenstyd
dié ligbeeld uit sy siel verdwyn. 
So half-verleë, asof bespied,
laat sy haar hande strelend gly
oor 
halme wat in volle saad
hul hooghef aan haar wedersy, 
en saai 'n handvol grassaad heen,
denkend so in verbygaan dat
by 
seëning van wind en reën,
'n enkele wel sal wortel vat. 
Intussen kom haar moeder met
'n lekker koppie koffie aan;
sy sit 
gesels en sien haar kind
al verder na haar man toe gaan. 
IV 
Hoe lyk dit of die plasie so
allénig in die wêreld leg?
Is daar geen 
ander plase omheen--
naby en verderweg? 
Ek sien daar nog geen telegraaf
of kronkelende spoorwegbaan;
geen 
stofferige heuwelpad
wat na die trekkerswoning gaan.
Net oor die werf, met kweek deurwas,
lê duidelik in kronkelspoor--
so    
    
		
	
	
	Continue reading on your phone by scaning this QR Code
 
	 	
	
	
	    Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the 
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.
	    
	    
