toe te ken, en ons dan te wil wysmaak,
dat dit goeie "Vereenvoudigde Hollands" is, is niks anders as 
broeikaswerk, wat die taalgevoel van Hollander sowel as Afrikaner 
kwes. 
Laat die Afrikaner maar eers eenmaal besef, dat sy eie
Afrikaans-Nederlands ewe goed en ewe bruikbaar Nederlands is as die 
hoogste Nederlands van Europa, ja dat dit vir hom 'n baie dienliker en 
geskikter werktuig is, en hy sal ook gou genoeg by magte wees om te 
boek te stel alles, wat in en om hom plaas vind. 
Die Afrikaanse taalvorm kan tog alleen die draer van 'n eg
nasionaal-Afrikaanse letterkunde word: dit is immers bewys, nie alleen 
deur die werke van 'n Celliers en 'n De Waal, maar ook deur die onmag 
van hoogbegaafde Hollandsskrywende Afrikaners om tot die hart van 
die volk deur te dring. Die "Hoog-Hollands" van die Afrikaner bly vir 
die Hollander tog nog altyd "amper Hollands", en vir die Afrikaner 
"geen Afrikaans". Dit is dan ook waarskynlik vir alle partye beter, as 
elke voëltjie in die vervolg maar sing, soas hy gebek is. 
Kan Afrikaans 'n Selfstandige Skryftaal word? 
Elke goeie skryftaal moet aan twee eise voldoen: dit moet in staat wees 
om ons gedagtes op 'n praktiese, ondubbelsinnige wyse weer te gee, en 
dit moet ook 'n seker mate van verhewenheid hê. Nou, wie kan bewys, 
dat die Afrikaanse taal onmagtiger of minder verhewe is as enige ander 
Germaanse taal? Dit is die taal, wat deur 'n hele volk, ja in die hoogste 
en aansienlikste kringe van dié volk, gepraat word, en wat hom ook 
reeds by magte getoon het om die diepste digterlike ideë in sierlike 
woorde te vertolk. 
Die bekwaamheid en doelmatigheid van Afrikaans is nooit ernstig 
betwis geword; maar meer as een teëstander het sy toevlug geneem tot 
die standpunt, dat Afrikaans laag en plat is--'n gebrou van Hottentots en 
Hollands, 'n Maleis-Portugese mengelmoes. Mense, wat so praat, laat 
hulle vooroordeel met hulle verstand weghol. Hier is die feite: 
Afrikaans is so "plat", dat selfs Dominee dit in sy preke op die 
preekstoel gebruik, en dat selfs die hooggeleerdste Afrikaner in sy
natuurlike oomblikke hom daarvan bedien in sy huislike omgewing. 
Taalvorsers, wat in alle verskimmelde hoekies gegrawe het, het al te 
saam nog geen honderd-en-vyftig Indiese en Hottentotse woorde in ons 
taal kon aantoon; en onder dié getal is daar nog meer as een, waarvan 
die afleiding verkeerd of twyfelagtig is. Die Maleis-Portugese invloed 
veral is geweldig oorskat geword, en daar is o.a. geen voldoende 
rekening gehou met dié Maleis-Portugese woorde, wat ook in Hollands 
bestaan of bestaan het, en wat ons dus waarskynlik deur Holland gekry 
het. Maar dis nie hier die plaas om dié onderwerp te bespreek nie, en ek 
volstaan dus met daar net op te wys, dat Afrikaans een van die 
suiwerste Germaanse tale is, wat daar vandag bestaan, oneindig 
suiwerder as Hollands--om nie eers te praat van Engels nie met sy 
duisende van vreemde woorde uit elke moontlike taal ter wêreld 
ontleen. Nee, die taal self is seker goed genoeg. 
Maar wat omtrent die omstandighede? Is dit wel wenslik en prakties 
om in die twintigste eeu met 'n nuwe skryftaal aan te kom? Wel seker is 
dit. Dit is wenslik, want dit sal ons 'n intellektuele mag en 'n natuurlike 
selfstandigheid gee, wat ons onmoontlik met 'n ander taalstandaard kan 
verkry. Nou word dit nog dikwels verskonenderwys gesê: "Hollands is 
te moeilik; Afrikaans het ek nooit leer spel nie: ek is dus verplig om my 
toevlug tot 'n vreemde taal te neem." In dieselfde gees word ook 
menigmaal geklaag: "Hollandse boeke val nie in my smaak nie; 
Afrikaanse boeke bestaan daar nie, of nie genoeg nie: gevolglik lees ek 
net Engels." Die slotsom van dit alles is: die Afrikanerdom ly skade, en 
word van sy beginsels vervreem. Die gees tog is van oneindig groter 
waarde as die vorm; en sal ons nou, in ons ywer om 'n seker, vir die 
Afrikaner verouderde vorm te behou, die gees veronagsaam? 
Die toestande in ons land is baie gunstiger vir die ontwikkeling van 'n 
nasionale skryftaal, as dit ooit in enige Europese land gewees het. Daar 
is by ons, byvoorbeeld, geen teenoormekaarstaande dialekte nie: 
inteendeel, ons taal is wonderlik eenvormig van die Kaap tot aan die 
Sambesie; en daar kan dus geen stryd ontstaan omtrent die basis van 'n 
algemene skryftaal nie. 
Ons het ook die voorreg om by die ontwikkeling van ons skryftaal, die
hulp in te roep van die hedendaagse taalwetenskap om vir ons die beste 
woordvorme te bepaal in die paar gevalletjies, waar daar wel verskil 
van uitspraak bestaan, of om vir ons aan 'n praktiese, wetenskaplike 
spelling te help; en ons hoef dus nie, ewenas die Europese nasies, dié 
dinge aan die eeue-durende willekeur van die tyd oor te laat nie. 
Dan weer is daar die moderne drukpers, wat ons    
    
		
	
	
	Continue reading on your phone by scaning this QR Code
	 	
	
	
	    Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the 
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.