belangrike probleem 
is, wat nou vergoed opgelos is! Op baie plekke is daar gelukkig mense 
wat leiding kan gee, en daar bereik die vereniging of lees- en 
studie-sirkel dan ook sy doel, maar dit is 'n feit dat meer as een persoon, 
met behulp van 'n bietjie gladheid van tong 'n posiesie inneem, waartoe 
sy geestelike ontwikkeling hom geen reg gee nie. Op die manier kry 
ons kunsdespote in onderbaadjie-sakformaat, wat, ondanks hul goeie 
bedoelinge, remmend werk op die ontwikkeling van 'n algemene 
kunsbegrip en die opbruisende energie van die jong mense op 
niksbeduidende sakies laat verflenter. 
Aan die spits van die intellektuele gedeelte van die volk staan die 
wetenskaplik gevormde leiers, ten volle toegerus met al die geestelike 
goedere van die buiteland. En òm hulle, die steeds groter wordende
skare, wat deur 'n verbeterde onderwysstelsel in staat is om aktief deel 
te neem aan wetenskap en kuns. Veral in die laaste jare het dit duidelik 
geblyk, dat skoonheid vir ons nie meer 'n weelde-artiekeltjie, 'n goue 
rand aan die bord waaruit ons die daelikse brood eet, is nie. Kuns het 
vir ons geword 'n noodsaaklikheid, en gelukkig is ons kuns van so 'n 
geaardheid, dat dit nie op die bergtoppe van ongenaakbare afsondering 
alleen enkele begenadigdes ontroer nie, maar verstaan en gewaardeer 
word deur 'n groot gedeelte van 'n volk, wat jare lank al soek na 
skoonheid in eie taal, skoonheidsuitinge van eie kultuur. 
As dit waar is dat die materiële posiesie van die kunstenaar 'n 
simptoom is vir die kulturele peil van 'n volk, dan kan ons op een 
inspirerende voorbeeld wys. Jan Celliers is uit die geesdodende sleur 
van 'n regeringskantoor verlos deur 'n spontane uitbarsting van 
algemene waardering. Dit is 'n erkenning van die waarde en 
onmisbaarheid van kuns, wat moed gee vir die toekoms, 'n bewys dat 
die gemeenskap belang stel in ideële goedere. Die suksesvolle reise van 
Lauwerijs en Hullebroeck is ook aanduidings in dieselfde rigting.[20] 
Naas al die tekens van groei, deur Dr. E.C. Pienaar in sy dissertasie 
opgesom[21] kan nog gewys word op die oprigting van die _Tydskrif 
vir Wetenskap en Kuns_ in Bloemfontein (1922). 
Eensydig sou egter bostaande oorsig van ons kultuurtoestand wees, as 
daar nie op gewys word nie, dat selfs by die ontwikkelde lae van die 
volk nog tallose spore van gebrekkige kunssin aanwesig is. So verklaar 
Dr. H.J. Steyn: "Ons volk is wel prakties en berustend van aard, maar te 
min idealisties. Sy eie geestesstryd en die van stamverwante laat hom 
meesal koud. Die laat hy oor aan 'n paar in sy oog eksentrieke 
idealiste.... Daar is nie 'n innerlike drang wat hom aangryp om naar 'n 
verafgelege horison te kyk nie; daar is by ons nog 'n gebrek aan liefde 
vir die abstrakte en bespiegelende, ons is nie genege om te werk vir 
resultate wat alleen deur ons nageslag gepluk sal word nie."[22] Die 
skilderskrywer Reenen J. van Reenen beweer: "In Suid-Afrika bly, by 
die meeste van ons, die bontgekleurde wand-kalenders wat die naaste 
smouswinkel aan ons stuur, nog die maatstaf wat ons gebruik by die 
beoordeling van skilderye."[23]
Wanneer Jan Celliers ons vertel: "Sommige korrespondente het my 
soveel per les aangebied, as ek hulle wil leer hoe om digters te word", 
(_Die Huisgenoot_, Aug. 1921) dan twyfel 'n mens aan die gehalte van 
die geesdrif vir letterkunde. In die Kersmisnommer van Ons Land, 
1919, beveel Ds. J.P. van Heerden vir 'n ekstra prys aan 'n verhaal, 
getietel: De Dronkenschap van Dokter Dirkse, waarin alle woorde met 
die letter d begin. Dat dit tot 'n aaneenskakeling van onsin aanleiding 
gee, blyk uit die volgende: "De drank doet duizenden dwaasheden. 
Daarom drinkers, die de drankduivel dienen, denk diep daaraan. 
Doorziet daardoor de dwaasheid der dronkenschap, de droevige 
doodslag der drankzuchtigen. Doodt dus dadelik, doch degelik de 
drankduivel. Doet dus de drankduivel deerlik delgen...." Sedelike 
oorwegings het sy eerwaarde hier inderdaad 'n "droevige doodslag" op 
die kuns laat pleeg! Dat so 'n rederykers-aardigheidjie nog in 1919 kan 
bekroon word, is 'n aanduiding dat ons kunswaardering soms nog uiters 
gebrekkig is. Ook die opvoering van so 'n kykspel as die Medea van 
Jan Vos op Pretoria[24] deur die "Afrikaans-Hollandse 
Toneelvereniging" is 'n bedenklike teken. 
Oor die gehalte van ons leesstof het Jan Celliers 'n opmerking gemaak, 
wat seker tans ook nog waar is: "In ons stede ... behoor baie van die 
mense wat so los in hul skoene staan--en wat hulself tog vir erg beskaaf 
hou--tot die wat weinig meer lees, of kan lees dan sulke goed soos 
Tit-bits en die Strand Magazine."[25] En veel uit die volgende, wat in 
1911 geskryf is, bly vandag ook nog waar: "As ons let op wat tot nog 
toe (hoofsaaklik) in ons land geskryf is, as ons sien wat vernaamlik ... 
gelees word, dan moet ons sê, dat die awontuurlike en romantiese--die 
soort soos Captain    
    
		
	
	
	Continue reading on your phone by scaning this QR Code
	 	
	
	
	    Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the 
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.